
As jy by die einde van ‘n hekelgedeelte kom, moenie die rondte met ‘n glipsteek sluit nie. Knip jou jaarn en trek die hekelpen boontoe totdat die stert deur is.

Dit gaan so lyk.

Ryg jou jaarn in ‘n wolnaald. Steek van voor na agter onderdeur die TWEEDE steek aan die linkerkant. Trek deur sonder om te styf te trek.

Jy gaan nou terug waar die jaarn vandaan kom; as jy mooi kyk, sal jy sien die jaarn kom uit die middel van die V aan die regterkant.

Steek jou naald in die V aan die regterkant na agtertoe, kantel jou werk effens en steek ook deur die derde lus vir stewigheid.

Trek die jaarn deur, maar nie te styf nie. Die nuwe V moet dieselfde grootte as die omliggende steke wees. Werk die draad weg.