This is my favourite method to attach fringe. It just makes it so much easier and less fiddly. You can use anything to loop around; in the example I used a cell phone. Quilting rulers work very nicely too.
Hierdie is my gunsteling metode om fraiings te maak. Ek het ‘n selfoon gebruik in die foto’s, ‘n kwilt- liniaal werk ook baie lekker.

Heg jou jaarn met ‘n glipsteek; jy gaan van links na regs werk.

Maak een kettingsteek, rek jou lus uit en plaas dit op die objek wat jy gaan gebruik om jou die verlangde lengte te gee.

Dit lyk vreemd maar dit werk, ek belowe. Gaan net aan.

Trek ‘n lus op deur die volgende steek.

Maak een kettingsteek. Rek weer jou lus uit en plaas dit op die voorwerp.

Dit is wat jy uiteindelik sal sien.

Jy kan nou die voorwerp waarmee jy gemeet het uithaal, en die fraiings oopknip. Ek belowe niks sal lostrek nie.

Neem twee draadjies en draai dit om mekaar – kloksgewys.

Wanneer jy twee bondeltjies gedraai het, gaan jy hulle nou om mekaar draai, hierdie keer antikloksgewys.

Dit sal so lyk – ‘n 4-draad-fraiing.

Make ‘n klein knopie aan die punt van die fraiings. Herhaal nou vir die res.