This method is also referred to as slip-stitch in the front. I recommend a bigger hook for this method. The hook used to crochet the blocks will be too small and cause the join to pull the block in.
Hierdie metode staan ook bekend as glipsteek-voor. Gebruik ‘n groter pen as die een waarmee die blokkies gehekel is. Dieselfde grootte pen sal die blokkies effe laat intrek.

Plaas jou blokkies voor jou. Sit ‘n skuifknoop op jou hekelpen. Maak seker jou jaarn is aan die anderkant van die blokkies.

Steek jou pen van bo na onder, deur die agterste lus van die blokkie aan die regterkant.

Steek nou jou hekelpen van bo na onder, deur die ooreenkomstige agterste lus van die blokkie aan die linkerkant.

Slaan draad oor pen en trek deur al die lusse op die pen; moenie styf trek nie. Maak seker die draad kom van onder die blokkies en nie van een kant af nie.

Dit is hoe dit sal lyk na ‘n paar hegsteke.

Die eindresultaat. Hierdie hegmetode is my gunsteling omdat so netjies en stewig is.